‘n Kuier so lekker soos vars Karoo-lug

‘n Kuier so lekker soos vars Karoo-lug

’n Kuier so lekker soos vars Karoo-lug

Anna-Retha Bouwer

2010-02-05 07:43

Dis nie heeltemal duidelik presies wat dit is wat maak dat ’n mens sukkel om jou by die Karoo Café in Lynnwoodweg, Pretoria, weg te sleep nie.

Maar volgens Mareli Robbertze, ’n vennoot in hierdie eet-en-kuierplek, gebeur dit gereeld dat mense hul skootrekenaars die oggend daar kom inprop en dan sommer vir die res van die dag daar vertoef.

Moontlik is dit die rustige, unieke en kunstige atmosfeer. Die struktuur is ongewoon en skep amper die gevoel van die binnekant van ’n Bedoeïen-tent. Rusbanke staan gemaklik rond en die hele struktuur skep ’n gevoel van ruimte.

Met baie vloeiende water buite is dit maklik om te dink dat jy inderdaad in die middel van die Karoo ’n oase ontdek het.

Selfs Olive, die reeds bekende, groot Deense hond, het sy eie bank met ’n waarskuwing dat dit slegs háár bank is.

Dan is daar die sterk moontlikheid dat dit die spyskaart is wat maak dat jy ’n uur wil uitrek.

Die voldag-ontbyt is volgens Robbertze een van die gewilde items op die spyskaart waarvoor mense bereid is om ver te ry. Twee skaaptjops, spek, eiers, ’n papmuffin met papawersaad en tamatie-en-uie-smoor word saam met roosterkoek bedien teen R60 in die Karooveld-ontbyt.

Vir iemand wat nie te opgewonde oor pap raak nie, was die papmuffin vir my ’n baie lekker manier om dit voor te sit.

Die gerookte-forelbruschetta (R52) is ’n wenner. Op ’n bed van roket en slaai is forel gedraai om maaskaas met Peppadew en knus voorgesit met avokado en gepiekelde gemmer. Die vis en vulsel het vars en lig gesmaak en die broodjie was heerlik bros.

Die pampoenkoekies (R48) op die Karoo Café se spyskaart is heelwat flambojanter as Ouma se beste poging. Die koekies word afgewissel met lagies spek, camem­bert en ’n kersiesous met roket – ideaal vir iemand wat nie rasend honger is nie, of ’n ongewone ritme vir ’n ouwysie soek.

Die bord met gypsy-ham, biltong, brie, forelrollade, gekaramelliseerde uie, neut-en-speserypesto en vars brood is ’n ander gunsteling teen R58. Op my bord was ’n beetbrood wat met ’n ongewone rooi kleur die aandag getrek het en die stukke biltong was lekker dik gesny.

Daar is nie ’n aparte nageregspyskaart nie, maar op ’n swartbord word verskeie lekkernye soos wortelkoek teen R25 per porsie geadverteer.

Hoewel dié eetplek kindervriendelik is, is daar nie spesifiek vir die telge ’n spyskaart nie.

Robbertze verduidelik dat sy in haar spyskaart fokus op “boerekos met ’n twist” en gesonde kos. Diegene op soek na springkastele en tjips moet dus maar liewer mik na plekke vir mense wat die lewe smaak.

Wat die Karoo Café verder ’n lekker vertoefplek maak, is dat daar gereeld kuns­uitstallings aangebied waardeur jy kan wandel terwyl jy vir jou kos wag. ’n Tweedehandse-boekwinkel bied die opsie om leesstof te bekom.

Wat ook die rede daarvoor is die Karoo Café sal korte mette maak met jou ledige uurtjies.

brakbank
Die “brakbank” is Olive die hond s’n. (Foto: Lisa Hnatowicz)

ontbyt
Die Karooveldontbyt met sy twee tjops – ’n stewige antwoord op ’n oggendhongerte. (Foto: Lisa Hnatowicz)

 

Kuns gedy langs kwekery

Settle Lambrecht

Die reisende kunskurator, Dawid Ras, se Dawid’s Choice Exhibitions is te sien by so- wel sy huiskunsgalery in Johannes­burg as by die nuwe kuier-, plant-en kunsplek, Karoo Art House by Die Wilgers, in die Karoo Square- kompleks in Pretoria .

Hierdie nuwe kunsgalery, “beloof om een van die bestes in die Jakarandastad te word,” beduie die eertydse sielkundige en sakeman, “Die lig en ruimte is wonderlik vir kuns­ werke. Dit syfer sag en egalig deur ‘n plafon gemaak van sonfliters.” Dieselfde filters wat ook oor die aangrensende Karoo Cafe en die kwekery, wat deel vorm van die kompleks, gespan is. Wat beste is vir plante, is duidelik net so goed om kunswerke te laat lewe.

Dawid se keuse van toeganklike skilderye en beeldhouwerke deur minder en meer bekende kunstenaars kan nie vra vir ‘n beter om-gewing nie. Veral uitstaande is die kleurige Henry Symonds-skilderye waarin dekoratiewe en ekspressiewe elemente in boeiende spanningsverhouding staan. Ook Nel Erasmus se vertolking van rou energie gepaar met vergeestlikte opgaan in die Boeddhistiese Groot Niks in, lewe in ‘n buitelende perd. Verder is daar Gina Waldman se fokus op aspekte van sensualiteit en kwesbaarheid in haar samestellings van lap en spelde. Ander werke wat jou laat besef die tentoonstelling is ver verwyderd van die markplein of Sondagkuns wat jy met ‘n kwekery of restaurant-omgewing sou wou assosieer, is Sandra Hanekom se abstraksurreele landskappe en Cobus van Bosch se swart en wit

olieverf-verkennings van groot opmarse. Ras net sy eerste Skotse Mars van 1901 betekenisvol langs ‘n Gay Pride March geplaas. Ook Rossouw van der Walt se in hars gegote beeldhouwerk bemdruk.

Nietemin is daar ‘n paar werke wat nie in dieselfde gehalteklas pas nie. Mens wonder oor strenger dissipline by die keuring van werke – nie name nie.

Kurator en bestuurder van die Karoo Arthouse, Catherine Gaum, beklemtoon haar oogmerk om gehaltekuns van alle soorte – van konvensionele skilderye en beeld­ houwerke, botaniese kuns en fotografie tot toegepaste kunste soos keramiek en juwele – aan ‘n nuwe publiek bekend te stel.

“Baie mense wat nie die moed het om by ‘n Goodman of Everard Read in Johannesburg in te stap nie, kuier hier gemaklik met wat dikwels as esoteries en aanstellerig beskou word.”

Ernstige kuns wat meer as blote ornament wil wees en jou raak, en jou aan die dink sit, is welkom saam met die meer strelende, min­ der uitdagende soort, meen sy.

Met hierdie gedeelde visie, vind Gaum en die eienaar van die sentrum, John Du Raan, mekaar. Hy is uitgesproke oor die idees wat vir horn belangrik is rondom die mengsel van kuns, kwekery, keramiek en kos. Gesellige verkeer terwyl kopstukke gedink en gepraat word, is vir hierdie ingenieur uit Strydenburg se Karoowereld sinoniem met die Franse opvatting van die kafee lewe. Die soort waarvoor die Paryse intellektuele en kunstenaars op die linkeroewer van die Seine-rivier bekend was in die vorige eeu.

 

Toe was die kafee die bymekaar komplek van vrygeeste, en die plek waar die kiem vir nuwe insigte geplant is. “Die Paryse Cafe was ‘n simbool van alles wat vry was van die belemmeringe van konvensio­nele denke.” Dit was in hierdie Cafe wat die latere toonaangewende Impressioniste soos Monet en Manet hul idees geslyp het. Dis waar jy ‘n Sartre en Simon de Beauvoir, ‘n Pi­casso en van sy vriende druk in gesprek sou sien.

Dis die soort stimulerende klimaat waarin Du Raan glo sowel plante as kunswerke gedy. “Kultuur as ‘n leefwyse, as uitdrukking van die gees van kreatiwiteit in ‘n gemeenskap.”

• Karoo Art House is by Lynnwoodweg 141, Die Wilgers, Pretoria . Skakel Gaum by 082 556 4082.

Die Karoo Art House, waar Dawid’s Choice Exhibitions in Pretoria to sien is . Catherine Gaum is in die agtergrond en werke van Henry Symonds in die voorgrond .
Foto: MITTE LAHBRECHT 

 

Beeld

No Comments

Post A Comment