Die Karoo-plek is baie anders

bron1

Die Karoo-plek is baie anders

Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplek- ke in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal self vir dit wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie.

Net as ‘n ou dink jy het nou al min of meer alles gesien en alles geproe, dan maak iemand ‘n plek soos Karoo Cafe langs Lynn- woodweg oop.

Kyk, as jy nou lets ‘anders’ soek, dan moet jy die kuierplek beproef. Dis ‘n aardse plek wat, met of sonder pretensies, die oopte van die Karoo probeer naboots in ‘n stylvolle skaapskeerskuur met ‘n aangekoppelde kunsgalery. Gemakstoele sit langs boekrakke gevul met ‘beter’ leesstof tussen die aansittafeltjies en regte, stewige eetkamerstoele uit hout gebou — soos wat jou ma s’n was. Baie moeite is gedoen om die hit-tegolf uit die blik-en-baksteen- skuur te hou. Water drup deur ‘n met-gat-gedrukte-skadudoek op die onderste gatlose skadudoek wat die plafon vorm en plafon- stoep het hulle ‘n toestel wat daai fyn waterdamp oor die gebied bemis. Ek wil nie dink hoe hel- warm dit sonder die voorsorg sou wees nie.

Ek kyk waar die groot Deense hond sy le gaan le het en ons sit aan by die tafeltjie reg neffens horn, ‘n Hond, het ek nou al deur jare se dure ervaring geleer, sal altyd op ‘n warm dag die koelste leplek kry.

Die groot, swart Deense hond stel my nie teleur nie. Ons sit aan by die tafeltjie wat die hond gekies het en bak die hittegolf ‘n welverdiende poetsie. Die spyskaart probeer jou nie te verwar oor waar jy jou bevind nie. Jy is in die Karoo. Jy kan vir mid-dagete kies uit twee skaapvleis- geregte, een van volstruis en twee van hoender. Onbyt bied jou ‘n wyer keuse van ses en dan nog ‘n kombinasie van omelette en vir enige tyd is daar ‘n mooi keuse van ‘quiches’. Saans, so se die spyskaart, is daar ‘n ‘set menu’. Metgesel is oordadig bly oor die volstruis-Stroganof wat sy sonder wik of weeg bestel. Ek bestel die ‘ander’ skaapgereg wat hulle ‘lamb stew’ roep.

Nou moet ek in alle sweerlikheid se dat dit maklik die smaaklikste lamsvleis is wat nog oor my kri- tiese lippe geloop het. En nee, ek was nie baie honger nie.As ‘n ou baie honger is kan jy mos maklik ‘n smaaklose oordeelsfoutjie maak. Karoo Cafe se kok het ‘n waardevolle geheim beet oor hoe jy tekstuur, murgsagtheid en smaak uit ‘n stukkie skaap kan toor sonder om sy geneigde droogheid na vore te bring.
Daarvoor gee ek hom ‘n hele paar persente meer as ‘n honderd. En die pampoenkoekie (let op die enkelvoud) was ewe aangenaam

Die spyskaart lieg terloops blatant as hy se jou skaap kom saam met ‘fritters’. Die spyskaart het ook slaai belowe. Wat ek toe wel gekry het was ‘n baie klein porsie gelerige roergroente. Die bredie- kussing van witrys was genoegsaam en mooi, sag uitge- pof, soos wat rys bedoel is om te wees. Jy kan dalk net dink R65 is effe styf vir die gereg, maar ont-hou, jy gaan noodwendig meer vir ‘n Van Gogh as vir ‘n Van Tender betaal. Net ‘n vriendelike waarskuwing; wees bedag op gevaarlike peperkorrels. Metgesel se volstruis was ewe smaaklik en koubaar. En jy hoef nie haar woord daarvoor te aanvaar nie. Ek het ook geproe. Dit kos R55 vir ‘n vullende porsie.

 

 

Bronberger

No Comments

Post A Comment